Coat of Arms image SA Govt Info image
row image www.gov.za what's new links faq's sitemap feedback row image
speeches & statements documents our leaders about government about sa events search
 
Homepage Homepage
 
TOESPRAAK DEUR ADJUNK-PRESIDENT FW DE KLERK BY DIE NASIONALE PARTY VROUEDAG BYEENDKOMS TE LICHTENBURG, 9 AUGUSTUS 1995

Ons almal lewe in 'n nuwe Suid-Afrika. Natuurlik lyk ons land nog dieselfde. Die berge, bome, riviere en Lichtenburg se hoofstraat het nie verander nie. Maar tog is dit 'n totaal nuwe Suid-Afrika. Byvoorbeeld:

Almal kan nou stem.
Ons het 9 nuwe Provinsies.
Ons het 'n nuwe Grondwet.

So sou ek kon aangaan met voorbeelde. Uiteindelik kom alles saam in een woord: VRYHEID.

Almal in Suid-Afrika het vry geword.

Dit sluit ook die vroue van Suid-Afrika in. In die nuwe Grondwet word die grondslag gel vir die verwydering van alle vorms van onreg teen al die vroue in Suid-Afrika. Dit sleutelbepaling s onder andere dat daar teen niemand gediskrimineer mag word, hetsy direk of indirek, op grond van geslag nie. Diskriminasie teen vroue omdat hulle vroue is, word dus verbied.

Wat in die Grondwet staan, beteken egter nie dat die stryd om die posisie en rol van die vrou in ons gemeenskap nou afgehandel is nie. Inteendeel, dit het slegs die toneel voorberei vir die huidige intense nasionale debat oor hoe hierdie nuwe beskerming, vryhede en regte prakties beslag in die nuwe Suid-Afrika moet kry.

Soms, meen ek, word daar onnodig debat gevoer. 'n Voorbeeld is die debat oor die sogenaamde "tradisionele" rol en die "moderne" rol van die vrou.

Die rol van die vrou word op 'n pragtige wyse in Spreuke 31:10 - 31 saamgevat:

"'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.
Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.
Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin.
Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.
Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel.
Sy het 'n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.
Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam met die leiers beraadslaag.
Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.
As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.
Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie.
Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar.
Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dan verdien 'n vrou om geprys te word.
Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte."

Daar is baie wat die Bybel wil vertolk asof dit die vrou verdoen tot 'n minderwaardige rol. Dit is nie so nie! Hoor net uit die deel wat ek voorgelees het. Van 'n vrou word verwag, behalwe deugsaamheid en hardwerkendheid, ook barmhartigheid, edelheid, leierskap, wysheid, liefde en toesig, vreesloosheid en moed vir die toekoms. En aan die knap vrou word belowe roen in die stadspoorte.

Daar is niks minderwaardigs of vernederend in die Bybelse riglyne ten opsigte van wat vrouwees behoort te beteken nie. Sy is geskape, anders as die man, maar gelyk met hom.

In die moderne lewe het die vrou natuurlik uit haar huis begin beweeg. En daar is niks mee verkeerd nie.

Baie van ons vroue word deur omstandighede gedwing om mede-broodwinners te word. Baie ander vroue werk omdat hulle hulle volle potensiaal wil verwesenlik, deur hulle eie loopbane te volg. Hulle eis, heeltemal tereg, 'n einde aan diskriminasie en gelyke behandeling met al hul manlike kollegas. Hulle maak 'n aansienlike bydrae tot die familie inkomste, tot die land se voorspoed en tot dienslewering aan die gemeenskap.

Ek sien vanuit Bybelse hoek geen teentstelling tussen die "tradisionele" en "moderne" rol van die vrou nie. Wat wel waar is, is dat daar our baie eeue heen sekere tradisies ontstaan het, wat erg diskriminered teenoor vroue was. In ons land word baie swart vroue - veral op die platteland - nog op 'n uiters ongelyke grondslag behandel. Ons in die Nasionale Party s dit mot 'n einde kry. Maar ons s ook dat die vrou, omdat sy vrou is, 'n besondere en unieke rol het om te vervul. Laat my twee voorbeelde noem:

Die vrou bly die grondslag van 'n gesonde gesinslewe.

Women, as mothers, hold the key to a sound family life. And a sound family life is the key to so many things that we are striving for - successful education, the prevention of crime, stable and peaceful communities, to name but a few.

In motherhood women are unique. In ensuring healthy and happy families, women are irreplaceable. Therefore the National Party says that their interests should be carefully protected and promoted.

Vroue speel ook 'n sleutelrol in die beskerming van kultuur.

Soos C Louis Leipoldt dit gestel het:

"Die beste wat ons nasie het, is die vrou: Waak oor di stem! Let op di siel! Behoud die beste wat ons nasie het - die vrou!

Ook waar 'n taal deur verdringing bedreig word, is dit dit vrou wat die beste in staat om weerstand te bied. As die ma getrou bly aan haar moerdertaal, kan sy die kinders uit 'n meertalige huwelik daarin grootmaak; as sy taal-ontrou is, kan selfs 'n huwelik tussen taalgenote nie taalverdringing verhoed nie."

As daar ooit 'n tyd was vir die vrou om haar rol as kultuurdraer te vervul, dan is dit nou. Daar is tale wat bedreig word. Daar word planne gesmee om kultuur-gebonde onderwys te ondermyn. Daar is rooi igte wat flikker. Die Nasionale Party roep ons vroue op om hierdie dreigemente raak te sien en daarteen op te staan.

Hulle kan dit, veral binne die gesin, die beste doen.

Ek sou nog lank kon uitwei oor die rol van die vrou. Laat my egter toe om ook te fokus op 'n aantal brandende vraagstukke waarby ons vroue in die besonder betrokke is.

Women find themselves in the centre of the present debate on abortion.

The National Party's point of view in this regard is quite clear. We are strongly against abortion on demand. Strangly enough, those that advocate the right to life of murderers the loudest, often are the very same people that have the least to say regarding the life of the unborn child. Where does the State's responsibility to protect all life begin and where does it end? Where does a women's right to have a say over her own body begin and where does it end?

Die Nasionale Party s dat aborsie wel moreel regverdigbaar is, waar die vrou se lewe en gesondheid of die ongebore kind se lewensverwagting op die spel is. Ons is bereid om die bestaande wetgewing te verbeter, maar kan ons nie vereenselwig met aborsie op aanvraag nie.

I believe that the women of the National Party need to play a leading and constructive role in this debate and urge them to do so within the framework of responsible ethical and moral principles.

Hiermee saam val die hele kritieke kwessie van bevolkingsontwikkeling. Die Nasionale Party s dat daar iets gedoen moet word om ons bevolkingsgroei te temper.

Die eenvoudige feit is dat as ons nie die huidige bevolkingsaanwas van 2,8% kan afbring nie, sal ons nooit die stryd teen armoede kan wen nie - dan sal werkloosheid vir altyd 'n probleem bly, sal ons vir altyd tekorte h in die onderwys, sal ons klinieke en hospitale vir altyd tekort skiet. Ons kan net 'n beter lewe vir almal verseker as ons minder kinders kry.

Ook hier staan die vrouens van Suid-Afrika voor 'n groot uitdaging. Hulle moet advokate word van gesonde gesingsbeplanning.

Women are also intimately involved in the battle against AIDS. The cold and unacceptable truth is that the percentage of pregnant women in our country who are HIV-positive has risen to almost 10% - and that at some of our hospitals this figue exceeds 20%. The implications of these cold statistics are such that it already poses a catastrophe for our country. If we do not immediately take hands to effectively curb aids it will indeed be a catastrophe with terrible implications for our country's health services, for our economy and for our country's future prospects - not even to mention the indescribable accompanyuing human suffering.

Vroue is ook intens betrokke by die huidige debat oor regstellende aksie. Die Nasionale Party ondersteun sinvolle stappe om enige vorm van diskriminasie teen vroue te beindig. Ons is egter gekant teen die daarstelling van kwotas, soos voorgestel deur sommige politici van ander partye. Ek kan my nie 'n groter belediging indink as om vir 'n vrou te s: Jy word aangestel om 'n kwota vol te maak nie.

Die Nasionale Party s dat vroue gelyke geleenthede moet h; dat alle struikelblokke in hul weg, om op gelyke voet met mand te kompeteer, verwyder moet word; dat alle vorme van diskriminasie verwyder moet word; dat vooroordeel teen vroue afgebreek moet word. En dan s ons moet meriete die basis van aanstelling of verkiesing wees.

Vroue moet - en sal - 'n meer prominente rol dwarsdeur ons gemeenskap en ekonomie speel - maar dit moet op 'n gebalanseerde en redelike wyse plaasvind. Ons het reeds die voorbeeld van uitstaande vroue wat die hoogste sport in die openbare lewe bereik het - vroue soos Margaret Thatcher. In ons land het die Nasionale Party die voortou geneem toe dr Rina Venter 'n Minister geword het. Ek glo dat daar nog baie meer moet kom. Die Nasionale Party is trots op sy vroue en beloof om reg aan hulle te laat geskied, sonder om hulle egter met kwotas te beledig.

Genog egter oor besondere vraagstukke van spesiale belang vir vroue. Die Nasionale Party wil op geen manier vir vrouens s hulle moet hulle net met vrouesake besig hou nie. Hulle het net so 'n groot belang as enigiemand anders by al die ander uitdagings waarvoor ons land staan.

(Brei dan uit oor - Ekonomiese groei; HOP; Misdaad; Grondwet.)

Ten slotte: Daar was nog nooit 'n tydperk in ons geskiedenis waar die vrouens van Suid-Afrika op so baie terreine so baie uitdagings moes aandurf nie. Ek het die volste vertroue dat ons vroue, soos in die verlede, hierdie uitdagings suksesvol sal aanpak.

Ek het ook vertroue dat hulle hul nuwe rol op so 'n wyse sal kan speel dat hulle nie die ideaal in Spreuke 31:10 -31 sal prysgee nie - dat alhoewel die vrou toenemend 'n gelyke en belangrike rol in die ekonomie, in ons samelewing en in die politiek sal speel, dat haar werk nog altyd daar roem in die stadspoorte sal wees - dat sy nog altyd baie meer werk as edelstene sal wees.

 
 

About the site | Terms & conditions
Developed and maintained by GCIS
This site is best viewed using 800 x 600 resolution with Internet Explorer 4.5, Netscape Communicator 4.5, Mozilla 1.x or higher.

 

Last Modified: Tue, 14 Aug 2007 15:29:23 SAST