Coat of Arms image SA Govt Info image
row image www.gov.za what's new links faq's sitemap feedback row image
speeches & statements documents our leaders about government about sa events search
 
Homepage Homepage
 
DR DJ DE VILLIERS: SUID-AFRIKA SE VOORSTEL VIR AFGRADERING VAN OLIFANTE EN WITRENOSTERS BY CITES (KONVENSIE OOR INTERNASIONALE HANDEL IN BEDREIGDE FAUNA- EN FLORASPESIES) KONFERENSIE, 19/10/94.

Die Kabinet het goedgekeuring verleen dat daar voorgegaan moet word met voorstelle aan die 9de CITES-konferensie vir die afgradering van sekere Suid-Afrikaanse dierspesies. Die konferensie word gehou te Fort Lauderdale, VSA tussen 7 en 18 November 1994. Die Kabinet het kennis geneem van die meningsverskille wat oor hierdie saak bestaan en dat daar verskeie sensitiewe aspekte by betrokke is. 'n Verantwoordelike bespreking van hierdie aangeleentheid by 'n forum soos die CITES-konferensie is nodig ten einde groter duidelikheid te kry oor die beginsels van volhoubare benutting wat en grondslag van Suid-Afrika se beskermingsprogramme en ekotoerisme geleÊ is.

Die Suid-Afrikaanse voorstelle behels die volgende:

Voorstel vir die oorplasing van Suid-Afrika se Afrikaolifantbevolking (Loxodonta africana) vanaf Bylae 1 na Bylae II.
Voorstel vir die oorplasing van Suid-Afrika se witrenosterbevolking (Ceratotherium simum simum) vanaf Bylae I en Bylae II.
Voorstel vir die wysiging van Suid-Afrika se Nukkrododilbevolking.

Die rigtinggewende beginsel van al hierdie voorstelle is die volhoubare benutting van natuurlike hulpbronne - 'n beginsel wat aanvaar en algemeen toegepas word deur bewaringsowerhede wŠreldwyd.

Die Afrika-olifant en die witrenoster is albei ingesluit in Bylae I. Die Nylkrokodil is reeds ingesluit in Bylae II, maar die uitvoer van eksemplare afkomstig uit die natuur is onderworpe aan 'n kwota.

Bylae I van CITES sluit in spesies bedreig deur uitsterwing, wat geraak word of kan word deur internasionale handel. Permitte vir die in- of uitvoer van eksemplare en produkte van hierdie spesies sal nie uitgerei word vir handelsdoeleindes nie. Hierdie spesies geniet dus wŠreldwye beskerming teen oorbenutting as gevolg van internasionale handel. Spesies in Bylae II is daardie spesies wat bedreig kan word as internasionale handel nie behoorlik gekontroleer en gemonitor word nie. Internasionale handel in hierdie spesies is onderworpe aan die uitreik van uitvoerpermitte.

DIE AFRIKA-OLIFANT

Die getal en verspreidng van die Afrika-olifantbevolkings in Suid-Afrika het toegeneem van vier in 1910, in 'n gebied van niemeer nie as 100 00 ha, tot meer as 47 (9 261 individue) in 1993, in 'n gebied van meer as 2,8m hektaar. Ongeveer 82% van die diere kom voor in die Nsionale krugerwildtuin. Gegrond op die omvang van die totale geskikte habitat, het Suid-Afrika die potensiaal om 'n olifantbevolking van ongeveer 13 000 diere te akkommodeer. Dit moet in gedagte gehou word dat die bereiking van hierdie getal belemmer word deur die beskikbaarheid van habitats wat toereikend omhein is.

Die dramatiese toename in getalle en verspreiding van olifante in Suid-Afrika kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die effektiewe bewarings- en wildlewebestuurspraktyke wat toegepas is, dur die Nasionale Parkeraad. Die bestuursprogram vir die Nasionale Krugerwildtuin beraam die optimale olifantbevolking op 7 5000 diere. Olifantgetalle in die Wildtuin neem egter voordurend toe. Om habitatagteruitgang te verhoed, is dit noodsaaklik dat die grootte van die bevolking beheer word. Dit word tans bewerkstellig deur hervestiging en uitdunning. Habitatagteruitgang in die Nasionale krugerwildtuin sal nie net die olifantbevolking negatief beÚnvloed nie, maar ook die ander dierebevolkings wat dieselfde habitat benut.

Hervestiging word so ver moontlik gedoen en in die tydperd 1979 tot 1991, is 23 afsonderlike nuwe olifantbevolkings gevestig deur die hervestiging van jong olifante. Soos verwag kan word, kan hervestiging van diere nie onbeperk voorgaan nie en die gebiede waarin olifante hervestig kan word, sal uiteindelik ook 'n versadigingspunt bereik.

Oor die twintig jaar tydperk vanaf 1979, moes 'n gemiddeld van 517 diere noodgedwonge jaarliks in die Nasionale krugerwildtuin uitgedun word. Byprodukte van die uitdunprogram is ivoor, vleis, hare en velle. Die gemiddelde inkomste uit verkope van hierdie produkte, nasionaal asook internasionaal, vir die tydperk van 1985 tot 1898 was ongeveer R5m. Hiervan was ivoorverkope verantwoordelik vir effens meer as die helfte. Weens die instel van die CITES-verbod, was die jaarlikse inkomste verkry uit die binnelandse verkoop van olifantprodukte in die tydperk 1990 tot 1992 maar sowat R1,8m.

Dit moet beklemtoon word dat die Suid-Afrikaanse voorstel van die 9de CITES-konferensie die opheffing behels van die verbod op internasionale handel in olifantprodukte, behalwe ivoor. Aanvaarding van die voorstel sal Suid-Afrika toelaat om internasionaal handel te dryf in bederfbare olifantprodukte soos velle, vleis en hare. die voorstel maak nie voorsiening vir die internasionale verhandeling van Suid-Afrikaanse ivoor nie. Daar is dus geen sprake dat hierdie voorstel die deur sal open vir internasionale handel in ivoor nie.

Herinstelling van handel in nie-ivoorprodukte, sal 'n jaarlikse inkomste lewer van ongeveer R3,2m wat gebruik sal kan word vir bewaringsdoeleindes.

DIE WITRENOSTER

Danksy goeie bewaringsbestuur, veral deur die Natalse Parkeraad, het die aantal witrenosters in Suid-Afrika van 20 in 1920 in die Umfolozi Wildtuin, gestyg tot bykans 1 000 in 1961. In 1961 is 'n hervestigingsprogram begin, waarna die getalle gestyg het tot 6 3000 in 1994. Dit is ook belangrik om te onthou dat die verspreidingsgebied van hierdie diere uitgebruik is en dat bevolkings hervestig is in gebiede waar hulle verdwyn het as gevolg van jag en menslike bewoning.

Die witrenoster is sedert 1976 op Bylae I van CITES en Suid-Afrika het die voorskrifte van die konvensie in hierdie verband streng nagekom. Die insluiting van hierdie spesie in Bylae II het weinig of geen uitwerking gehad op die afname in witrenostergetalle in die res van Afrika weens stropery vir renosterhoring. In Suid-Afrika het goeie bestuur egter gelei tot 'n stabiele bevolking wat nou op 'n volhoubare wyse benut kan word.

Die Suid-Afrikaanse voorstel wat by die komende CITES-konferensie ingedien is, behels die opheffing van die verbod op internasionale handel in witrenosterprodukte, behalwe renosterhoring. So 'n opheffing sal 'n mate van volhoubare benutting van die renoster in Suid-Afrika toelaat. Behalwe trofeejag en safari's, kan moontlike gebruike onder andere insluit doofpylsafari's, verkoop van produkte verkry vanweÊ natuurlike sterftes, soos hare, velle en toonnaels. Ofskoon daar 'n beperkte mark hiervoor bestaan kan dit as 'n aansporing dien vir private wildeienaars om meer renosters aan te hou. Hierdie produkte kan ook inkomste voorsien vir die volgehoue beskerming en bestuur van die renosterbevolking.

NYLKROKODIL

Die Nylkrokodilbevolking in Suid-Afrika was oor die jare baie stabiel, sowel binne as buite beskermde gebiede, en word geskat op ongeveer 8 900 individue. Krokodille word reeds sedert 1968 suksesvol in aanhouding geteÊl, met velle en vleis as die belangrikste produkte.

Die Nylkrokodil is ingesluit in Bylae II van CITES, onderworpe aan 'n kwota wat uit die natuur geneem mag word. Die voorstel wat by CITES ingedien is, versoek dat Suid-Afrika toegelaat word om eiers en pas uitgebroeide krokodille uit die natuur te neem en in 'n gekontroleerde omgewing te laat uitbroei en groot te maak. Hierdie prosedure staan bekend as ranching en vereis dat 'n sekere persentasie van die diere wat so grootgemaak word weer teruggeplaas word om die natuurlike bevolking aan te vul.

UITGEREIK DEUR DIE MINISTER VAN OMGEWINGSAKE EN TOERISME

Navrae: Mnr S Gerber
Tel: (012) 310 3695
Mnr H Grove
Tel: (012) 310 3699
Fauna 23/11


 
 

About the site | Terms & conditions
Developed and maintained by GCIS
This site is best viewed using 800 x 600 resolution with Internet Explorer 4.5, Netscape Communicator 4.5, Mozilla 1.x or higher.

 

Last Modified: Tue, 14 Aug 2007 15:29:01 SAST