[ Home ]
[ Speeches & statements ]
TOESPRAAK DEUR DR DJ DE VILLIERS, LEIER VAN DIE NASIONALE PARTY VAN KAAPLAND OP 22 OKTOBER 1994 TYDENS DIE WES-KAAP KONGRES
Dit is my voorreg om die openingsrede by hierdie eerste volwaardige Kongres van die Nasionale Party van Wes-Kaap die enigste Provinsie waar die Nasionale Party 'n oorwinning behaal het. Dit is 'n wonderlike begin vir 'n nuwe pary in 'n nuwe bedeling.
Deur vir die Nasionale Party te stem het die meeste kiesers in Wes-Kaap 'n verbintenis met die Party aangegaan. Dit is ons uitdaging om hierdie verbintenis op te volg en sterker te maak. Dit sal veral op grondvlak moet gebeur.
Die Nasionale Party was vir baie jare die regering van die land. Die hoofleier van die party was ook Staatspresident en saam met hom het meer as 25 Ministers en 'n groot aantal Adjunkministers aankondigings gemaak, opgetree, gereageer en die nuus oorheers. Die tye het verander. Die Nasionale Party kan nie meer so dikwels en op dieselfde vlak blootstelling in die media kry nie. Daar is ook sommige van die media wat graag die NP wil vergeet - behalwe as hulle negatief kan rapporteer.
Die party sal 'n baie meer gemeenskapsgebaseerde en grondvlak-gedrewe party moet word. Die krag van die party gaan daarvan afhang of hy behoorlik in die nuwe Suid-Afrika wortel gaan skiet - dit wil s, 'n staanplek in die lewens en huise van mense gaan kry omdat hulle met die party kan identifiseer; deel van hom voel; met hom wil assosieer; betrokke wil raak by sy werksaamhede; bereid is om in die organisasie te dien en te werk om die party 'n sterk en lewenskragtige instrument te maak. Entoesiasme kan nie van bo af aangegee word nie - dit moet uit die harte van mense kom. Dit ontstaan as hulle geloof in 'n saak het - bereid is om daarvoor te werk en op te offer.
Die politiek het baie verander. In die verlede was die politiek grootliks vanuit 'n ideologiese raamwerk bedryf. Daardie era is voorlopig verby. Sowel apartheid as kommunisme het aanhagers - maar hul tyd het verbygebaan. Vandag word die politiek gedryf deur daardie sake awt mense se lewens direk raak. Dit gaan oor sake soos: veiligheid, wet en orde, onderwys, werksgeleenthede, behuising en die vraag of mense vertroue in die toekoms het, om maar 'n paar te noem.
Die verkiesing is verby. Die opwinding wat baie mense geput het uit die feit dat hulle vir 'n eerste keer kon stem - of dit as 'n vryheidsverkiesing beleef het, is nou verby. Die ANC staan voor die harde werklikheid dat die regering getoets gaan word aan die beloftes wat hulle gedurende die verkiesing gemaak het. Daar is groot verwagting, maar beperkte bronne. Die ANC sal nog uitvind dat dit nie maklik vir 'n land is om binne sy vermo te lewe nie. Suid-Afrika is nie 'n maklike land om te regeer nie. Daarvan is die NP lank reeds bewus - dit is die werklikheid wat die ANC nou ontdek.
The National Party won the election in the Western Cape. We govern this Province and the national Party is committed to govern in such a way that the example of good governance will stand to our credit. In contrast to the way other provinces are governed - the example of the Western Cape should stand out through its sheer effectiveness. That would be the most telling way to promote the National Party. Government is some of the other provinces is faltering. Red lights are flashing in a number of cases. The Premier of the Western Cape, mr Hernus Kriel and his colleagues have laid a sound foundation for effective government. Examples speak louder than words. We wish our team in the Western Cape Legislature everything of the best under their captain Hernus Kriel - we are proud of the way in which government in this province is shaping up.
The election of 1994 is history. It was an election filled with emotion - the first election for millions of South Africans - many experienced it as a freedom election - a dream come true. But that is now history. The way in which many voters felt about the event was captured in the words of a woman in a township who was overheard when told her friend "Today I have voted with my heart - next time I will vote with my head."
The next time she - and many others who voted like her - are going to vote for the leader and the party that they believe can deliver the stability, peace and progress that our people so desperately desire. They will vote for a party that provides them with hope - with confidence in the future. A party that acts fairly and justly but acts decisively and is prepared to take firm and disciplined action when law and order is at stake. A party that will honour its commitments and deliver on its promises.
The task of the National Party in the Western Cape is not to alienate those voters who supported the Party. During the election there was constant political activity aimed at acquiring support. People were canvasses through house visits, meetings, posters, rallies, street meetings and many other means. Now there is a period of relative calm. This is normal, but we must guard against the perception that we have forgotten our voters. It is on this level that the greatest task awaits the National Party. If we really succeed in becoming a party which is alive at grassroots level, we will go from strength to strength.
Die taak en uitdaging om van die party op voetsoolvlak 'n lewende en dinamiese krag te maak, rus op die skouers van takke en distriksrade. Die party sal meer van onder - van voetsoolvlak af - gedryf moet word - as van bo af.
Dit is 'n groot leemte dat daar nie meer 'n kiesafdelingstelsel bestaan nie. Die stelsel van proporsionele verteenwoordiging het 'n einde aan kiesafdelingverteenwoordiging gebring. Dit is jammer. Proporsionele verteenwoordiging is 'n meer regverdige kiesstelsel en bevoordeel kleiner parye. Die beginsel daarvan sal behou moet word. Die NP sal hom egter daarvoor beywer dat 'n kiesafdelingstelsel, in aansluiting by 'n proporsionele stelsel in die nuwe grondwet ingesluit word. 'n Kombinasie, soos in Duitsland die geval is, waar die helfte van die verteenwoordigers op 'n kiesafdeelinggrondslag en die ander helfte op lyste gekies word is 'n voorbeeld wat vrugbaar by ons omstandighede aangepas kan word.
Die Nasionale Party van Wes-Kaap het egter 'n geografiese indeling van verteenwoordigers gedoen wat met 'n kiesafdelingstelsel vergelyk sou kan word. Wes-Kaapland is in 8 organisasiestreke ingedeel. Elke organisasiestreek bestaan uit 'n aantal landdrosdistrikte. Binne 'n organisasiestreek is daar op die basis van landdrosdistrik-grense of gedeeltes van landdrosdistrikte gebiede afgebaken wat die verantwoordelikheid van 'n bepaalse verteenwoordiger van of die Parlement of die Provinsiale Wetgewer sal wees. In werklikheid is daar op hierdie wyse 'n nuwe stelsel van "kiesafdelings" geskep wat elke gebied 'n eie verteenwoordiger gee. Hierdie manne en vroue sal as verteenwoordigers u bedien. Dit is hulle taak om gereeld in die gebied op te tree, beskikbaar te wees, kiesers te woord te staan en vertors te hanteer.
Binne elke organisasiestreek is 'n Sentrale Nasionale Party Kantoor gevestig en verdere kantore sal waar prakties moontlik en bekostigbaar in die streke in stand gehou word.
Die aktiwiteit van die party - sy lewenskrag en sukses - gaan naas die werk wat die verteenwoordigers doen bepaal word deur die mate waarin takke en distriksrade eie inisiatief neem. Voorsitters en hul besture moet nie eers op 'n sein van die verteenwoordiger of die streekskantoor wag om te beweeg nie. Dit is in u hande.