Coat of Arms imageSA Govt Info image
row imagewww.gov.zawhat's newlinksfaq'ssitemapfeedbackrow image
speeches & statementsdocumentsour leadersabout governmentabout saeventssearch
 
Homepage Homepage
Speeches and statements

>

New on the website


>

State of the Nation address

>

National Budget

>

Parliamentary media briefings (GCIS)

>

Statements on Cabinet meetings

>

Audio files


>

By subject

>

By government leaders

>

By government departments and bodies

>

By category
> Cabinet statements
> Events
> Media advisories
> Parliamentary questions and answers
> Speeches
> Statements
> Transcripts

>

By former leaders


>

Search on speeches and statements


Werkskepping nou 'n moet - Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Mnr Anton Bredell

23 Feb 2011

Dit wil voorkom dat die doeltreffendheid van dienslewering 'n voortdurende uitdaging is. Die diensleweringsproteste in Suid Afrika is bewyse van 'n groeiende ongeduld van die gemeenskappe wat ons dien. In die meeste gevalle word die faktore wat dienslewering belemmer eensklaps aangespreek deur die regering in 'n poging om onmiddelikke onrus in gemeenskappe te vermy. Nationale Minister Patel is van die opinie dat omgewingsimpakstudies ontwikkeling en werkskeping onnodiglik belemer. Dit is op hierdie opinie wat ek will uitbrei.

Werkloosheid is 'n komplekse probleem wat komplekse oplossings vereis wat onder andere "jobless growth", arbeidswetgewing, korrupsie, kader-ontplooing, vaardighede, samewerking, ensovoorts sal moet aanspreek. Die opinie rakende omgewingsimpakstudies is 'n gedeelde persepsie wat vir jare reeds bespreek word. Indien ons eers fokus op areas binne ons onmiddellike beheer, sal ons vordering kan maak met die impak op ons vlak van effektiewe dienslewering. Die groei van die ekonomie is van uiterse belang, maar so ook die behoud van ons natuurlike omgewing.

Suid-Afrika se hoë werksloosheidsyfer vereis nie net dringende, doeltreffende optrede nie, maar ook verantwoordelike ingryping. Artikel 24 van ons Grondwet stel dit duidelik dat ekologiese volhoubare ontwikkeling verseker moet word ter wille van sosiale en ekonomiese bevordering. Omgewingsimpakstudies is juis in plek gestel om te verseker dat ontwikkeling die teenwoordige asook die toekomstige behoeftes van Suid-Afrikaners sal aanspreek. Omgewingsimpakstudies verseker dat die vorm, tipe en plasing van ontwikkeling van so 'n aard is dat dit ekologies, sosiaal en ekonomies volhoubaar is in die kort en langtermyn. Dit verseker voldoende beplanning.

Op versoek van die Presidensie het die Wes-Kaapse Administrasie "rooilint" faktore geïdentifiseer wat dienslewering belemmer. Na afloop van die ondersoek na omgewingsimpakstudies as een van die belemmeringsfaktore, is daar gevind dat klein wetlike veranderings gemaak kan word, alhoewel ‘n meer kritiese area van oneffektiewe implementering en interpretasie van die wetlike raamwerk nodig is.

Omgewingsimpakstudies gebeur nie in afsondering nie. Daar is 'n groter konteks wat in ag geneem moet word. Dit wat nodig en gewens geag word vir ‘n spesifieke area, en wat moet gedoen word om dit te laat gebeur, moet eerstens aangespreek word. As gevolg van gebrekke kennis van die wetlike raamwerk rondom omgewingsimpakstudies word lae kwaliteit inligting ingedien tydens die aansoek prosess en kan lui tot swak projekbeplanning en bestuur. Bassiese dienste moet eerste oorweeg word om sodoende onwikkelingsvoorstelle in te dien wat relevante areas in ag neem. Dit sal dan ook die evalueringsproses van die omgewingsimpakstudie verbeter.

Werkskepping is van die uiterse belang in die verbetering van die lewensomstandighede van ons burgers. Arbeidswetgewing speel 'n geweldige rol in die werkloosheidsyfer en die nasionale regering wil dit nie aanspreek nie en praat altyd om dit. Ons moet onthou dat as ons die land se ekonomie wil laat groei moet ons die middelinkomste groep laat groei. Die nasionale regering sal dus moet afstand doen van die neiging om 'n afhanklike staat te wil skep deur mense afhanklik te maak van toelaes. Die verwysing na internasionale standaarde betreffende minimum lone wys daarop dat die regering nie weet hoe of die wil het om die arbeidswetgewingkwessies aan te spreek nie.

Dit bring my by die markwaardewaardasiestelsel om eiendomsbelasting te bepaal. Die stelsel is lynreg teen die regering se plaaslike ekonomiese ontwikkelingsstrategie. Die stelsel is nie net besig om mense uit hul huise te belas nie maar dit maak die middelklas al armer. U wil bv. R100 000 aan u woning spandeer. Die gevolg is dat u woning se waardasie styg en u moet vir die res van u lewe meer eiendomsbelasting betaal. U wat die boumateriaal plaaslik gekoop het en die besigheid weer op sy beurt BTW aan die regering oorbetaal het. U het van plaaslike arbeid gebruik gemaak en werk help skep. Nee, dit is verkeerd volgens regeringsbeleid, u moes die R100 000 op 'n luukse oorsese vakansie spandeer het en sodoende 'n ander land se ekonomie help groei het.

Ek is nie 'n belastingkenner nie, daarom versoek ek dat die regering die spesialiste om die tafel kry om vas te stel wat is die mees regverdigste manier om eiendomsbelasting te bepaal. Die debat is baie dieper, want ek het nog nie kapitaalwins ingeroer nie. Korrupsie kos die belastingbetaler miljoene en so ook die ekonomie. Deur die onafhanklikheid van die interne ouditeur in elke munisipaliteit te verseker sal ons 'n reusesprong gee om korrupsie in munisipaliteite aan te spreek en op te los. As die regering ernstig is om armoede aan te spreek moet ons miskien begin deur te doen wat regerings veronderstel is om te doen. Die regering moet hierdie uitdaging die hoof bied deur aan die gewone burgers toegang tot basiese dienste soos skoon water en gesondheidsorg, sowel as infrastruktuur soos skole, paaie en hospitale te bied.

Issued by: Western Cape Environmental Affairs and Development Planning
23 Feb 2011


    [ Top ]

    Related links
    >

    Subscribe to mailing lists

    >

    RSS feed

     

    About the site | Terms & conditions | Contact your government
    Developed and maintained by GCIS
    This site is best viewed using 800 x 600 resolution with Internet Explorer 4.5, Netscape Communicator 4.5, Mozilla 1.x or higher.