|
[
Home
]
[ Speeches & Statements ]
Speech by the Honorable MEC for Health, Mr. Mxolisi Sokatsha, on the occasion of the sodturning of the new Williston Community Health Centre (CHC), Williston, Namaqua District, Northern Cape
20 Jan 2011 Programme Director Members of the Northern Cape Provincial Legislature Members of the Executive Council Chairperson and Members of the Provincial Portfolio Committee on Health Honorable Executive Mayor of Pixley-ka-Seme District Municipality All Honourable Mayors of municipalities All municipal councillors Esteemed guests Senior managers, district managers and departmental officials from the provincial Department of Health All non-governmental organisations (NGOs) and strategic partners Representatives from all the different communities, religious and political institutions and structures Esteemed members of the media Ladies and gentlemen Goeiemore aan almal. Vandag begin ons ‘n reis gevul met hoop en opgewondenheid. Ek is bevooreg om deel te wees van hierdie historiese gebeurtenis en die proses wat gemik is op die verbetering van die lewens van die mense van Williston en die gemeenskap as ‘n geheel. Today we are celebrating and realising that the ANC led government is committed in delivering on its mandate to the people of South-Africa which is: To create a better life for all. Soos belowe in die Departement van Gesondheid se begrotingstoespraak op 25 Junie 2009, word daar vandag begin met die reis vir die bou van ‘n nuwe gemeenskapgesondheidsentrum vir die gemeenskap van Williston. The government, under the leadership of the African National Congress, has made a commitment to provide essential government services to our people, especially where services were lacking, non-existing or not accessible in communities like Williston. Gedurende die afgelope 15 jaar het die ANC regering baie gedoen om ‘n demokratiese, nie-seksistiese, nie-rassige Suid-Afrika te skep wat aan die behoeftes van al sy mense voldoen. “Batho pele – Mense eerste”. Daar is nog baie uitdagings. Die ontwikkeling van landelike gebiede soos Williston en die uitwis van armoede tel onder die grootste hiervan. Dames en Here, ons is vandag hier deur die drome wat die mense van Williston vir die regering genoem het in die opbou na die April verkiesing. Health has been identified as a key priority area by the ANC led government for the next five years and we are committed to provide essential health services close to the people. As regering, het ons verder ‘n tienpuntplan opgestel wat ten doel het om alle gesondheidsektor uitdagings in ons land aan te spreek. Die nuwe Williston Gesondheidsentrum resorteer direk onder Punt 6: verbetering van infrastruktuur, van hierdie plan. Die bou van die nuwe gesondheidsentrum is nie net die verantwoordelikheid van die Departement van Gesondheid nie. Die implementering van gesondheidsprogramme en -projekte se sukses sal bepaal word deur goeie vennootskappe tussen die regering, gemeenskap en nie-regeringsorganisasies. Een van die grootste voordele met die bou van die nuwe gemeenskapgesondheidsentrum is ekonomies van aard in die sin dat die konstruksie van die nuwe sentrum sal nodige werksgeleentheded skep vir die inwoners van Williston. Hierdie sentrum is ‘n groot verbetering op die huidige struktuur vir die lewering van gesondheidsdienste. Die bestaande struktuur voldoen struktureel ook nie aan die dienste wat aangebied word vir ons mense nie. Die bestaande gesondheidsfasiliteit se opgegraderingsproses is in tender fase en sal so vroeg moontlik begin. Die nuwe sentrum sal gebou word teen ‘n geraamde koste van R25 miljoen en voltooing word beplan vir Desember 2012. Die Department van Openbare Werke en Paaie sal die implementeringsagent vir die projek wees. Die projek sal uit twee fases bestaan. Fase 1 behels grondverskuiwingswerke, omheining en dreineringstelsel teen ‘n koste van R2.2 miljoen. Die kontrak is toegeken aan Entsha Henra Konstruksiemaatskappy en werk sal begin gedurende die eerste week in Februarie 2011 en voltooing word beplan vir Junie 2011. Fase 2 sal die bou van die sentrum behels en begin Junie 2011 en voltooing word beplan vir Desember 2012. Die nuwe sentrum sal die volgende gesondheidsdienste insluit: tande, radiologie, tuberkulose (TB), kraam, gesinsbeplanning. Die sentrum sal ook beskik oor ‘n lykshuis, apteek, personeelakkomodasie en ‘n ongevalle-eenheid. Ons verwelkom die bou van die nuwe sentrum en ons is vol selfvertroue dat die gemeenskap van Willston groot baat sal vind deur die gesondheidsdienste wat verskaf sal word in ‘n nuwe sentrum. Die sentrum behoort aan almal in Williston. Dit is die verantwoordelikheid van alle gemeenskapslede om dit te versorg en te beskerm teen vandalisme. Dames en here, gemeenskapslede en leiers speel ‘n baie belangrike rol om te verseker dat die gesondheidsdienste op standaard is en dat enige gesondheid struikelblokke geadreseer en opgelos word. Programdirekteur, ons doen nou amptelik die sooispit vir die bou van die nuwe Williston Gemeenskapgesondheidsentrum en ek hoop na voltooing, sal die gemeenskap die fasilitieit met respek en waardering behandel, vandag, more en in die toekoms. Ons bedank alle orgainseerders vir hul bydrae. Deur saam te werk, kan ons meer doen! Baie dankie! Source: Northern Cape Provincial Government
Issued by: Northern Cape Health
20 Jan 2011
[ Top ]
|